Family friendly

Rugby met Rede

Tue Oct 19, 13:00 - Tue Oct 19, 17:00

Botanies Sportgronde Graaff-Reinet

ABOUT

KOM SKOP GAT TEEN KANKER SAAM MET VOLKIES!


In aanloop tot ons Eeufeesvieringe in 2022 wil ons die rugbyjaar afsluit met 'n Sewes Toernooi ten bate van ons Eeufeesfonds.


Tien o.13 spanne vanuit die dorp en omliggende distrik neem deel aan hierdie opwindende geleentheid wat plaasvind by die Botaniese Sportgronde.

Ons wil nie net gretige spelers die kans gee om op die veld uit te draf nie, maar ook van die geleentheid gebruik maak om die plaaslike Kankerorganisasie - Pienk Bome vir Pauline te ondersteun.


Die RUGBY MET REDE dag word met trots geborg deur Montego Cares wat R50 vir elke drie wat tydens die toernooi gedruk word names LVS aan Pienk Bome vir Pauline sal skenk.

Jy kan ook jou gunsteling span ondersteun deur 'n donasie van R50 names hul te maak.


TOESKOUERS WELKOM - Streng COVID-19 protokol sal gehandhaaf word. Geen masker, geen toegang.


  • R100 per span
  • R5 per persoon hekfooi
  • R20 per motor indien u langs die veld wou stop


Daar sal stalletjies wees wat 'n verskeidenheid van kos en ander lekkernye verkoop.

Kom geniet die dag saam met ons!


DIRECTIONS

Rugby met Rede
Botanies Sportgronde Graaff-Reinet
Park St, Graaff-Reinet, 6280
Get Directions