FREE OPTIONS

Kry Jou Kleuter Leesgereed: Wat Jou Kind Moet Weet

Thu Sep 30, 13:00 - Thu Sep 30, 14:00

Event is online

ABOUT

Die grootste fout wat jy KAN maak, is om te dink jou kleuter is te jonk om te leer van lees. Net soos wat jou kind vir twee jaar vir jou luister voor sy begin praat, het jou kind baie soorte ondervindinge met boeke nodig voor sy begin lees.


Lees is 'n komplekse vaardigheid wat behels dat jou kind 'n kode ontsyfer, en dan verstaan wat dit beteken. Navorsing wys dat kinders wat skool begin met beter voorgeletterdheidsvaardighede, groter akademiese hoogtes bereik in later grade. Hierdie vaardighede is die gereedskap wat jy vir jou kind gee om 'n teks te lees en te verstaan.


Jy is die belangrikste persoon in jou kind se lewe en jy spandeer die heel meeste tyd met hom. Jy kan 'n reuse verskil maak in hoe maklik hy eendag lees. Sluit by my aan vir hierdie een uur lange, lewendige praatjie en kry wenke direk uit die spraakterapeut se bek.


Aan die einde van die praatjie sal jy


  1. kan verduidelik wat voorgeletterdheidvaardighede is
  2. 'n lys van aanlyn hulpmiddele he wat jy kan gebruik
  3. weet wat die volgende stap in die reis is