Kry Jou Kleuter Leesgereed I: Ontsyfer

Thu Oct 7, 13:00 - Thu Oct 28, 14:00

Event is online

ABOUT

Die grootste fout wat jy KAN maak, is om te dink jou kleuter is te jonk om te leer van lees. Net soos wat jou kind vir twee jaar vir jou luister voor sy begin praat, het jou kind baie soorte ondervindinge met boeke nodig voor sy begin lees.


Die tweede grootste fout wat jy kan maak, is om te dink mens begin leer van lees met fliskaarte. Lees is 'n komplekse vaardigheid wat behels dat jou kind 'n kode ontsyfer, en dan verstaan wat dit beteken. Flitskaarte help nie veel met die ontsyfer of die verstaan nie. Navorsing wys dat kinders wat skool begin met beter voorgeletterdheidsvaardighede, groter akademiese hoogtes bereik in later grade. Hierdie vaardighede is die gereedskap wat jy vir jou kind gee om 'n teks te lees en te verstaan.


Begin eerder by goeie kwaliteit gesprekke met jou kind.


Die vaardighede wat ons in die volgende vier weke vir jou kind gaan leer, help jou kind om die kode te ontsyfer. Dit sluit in kennis van druk, klanke en die alfabet, sonder dat dit ooit soos skool voel.


Jy is die belangrikste persoon in jou kind se lewe en tien minute per dag is genoeg om 'n reuse verskil te maak in hoe maklik hy eendag lees. Sluit by my aan vir hierdie vier weke lange, lewendige kursus en kry wenke direk uit die spraakterapeut se bek. Jy gaan leer om met jou kind boek te lees, eerder as om vir jou kind voor te lees. Vir vier weke gaan ek elke Donderdagaand een uur lank op Zoom met jou gesels. Dan gaan jy huiswerk kry, met die geleentheid om per epos jou vrae direk aan my te stel.


Aan die einde van die vier weke sal jy

  1. kan verduidelik wat voorgeletterdheidvaardighede is
  2. 'n strategie he om jou kind aan die gedrukte woord gewoond te maak
  3. 'n strategie he om jou kind te help om klanke in woorde te herken
  4. 'n strategie he om jou kind te leer van alfabetletters
  5. weet wat die volgende stap in die reis is
  6. 'n hele lys hulpbronne in jou hand he om jou te help as jy vashaak