Ricus Nel live at Kapstadt Brauhaus Langebaan

Thu Oct 14, 19:00 - Thu Oct 14, 20:15

Kapstadt Brauhaus Langebaan

ABOUT

RICUS NEL: EEN GOUE STATUS OP DIE VOLGENDE MET PEN, STEM EN 13 INSTRUMENTE!


Ricus Nel is ‘n naam sinoniem met musiek wat lekker kuier, maar ook op al die regte maniere met jou hart gesels iets wat uit een goue albumstatus op die volgende getuig. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ’n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het dié 36-jarige sanger oor die verstek van net ’n paar jaar in menige Suid-Afrikaner se hart, en musiekversameling, laat nesskop.


Ricus se vermoë om ‘n verskeidenheid genres – van country, tot rock en rock-‘n roll, tot boeremusiek, opskop-sokkie en rustige lekkerluister-treffers – te kombineer met sy uistekende sang- en speeltalent sorg vir ‘n kleurryke fees van klank en melodie wat by enige kuier, optrede en fees tuis sal wees!



DIRECTIONS

Ricus Nel live at Kapstadt Brauhaus Langebaan
Kapstadt Brauhaus Langebaan
1 Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357
Get Directions