Netwerk24 en Die Burger Vroueoggend

Sat Oct 29, 08:30 - Sat Oct 29, 13:30

Kronenburg Estate

ABOUT

Na ‘n Covid-droogte, is die Netwerk24/Die Burger-vroueoggend terug met mening. Ons nooi graag elke ma, dogter, vriendin, ouma, kleindogter, tante en sommer net volbloed vrou uit om by ons aan te sluit vir ’n heerlike vroueoggend op Saterdag 29 Oktober by Kronenburg in die Paarl.


Die tema is Vroue met Vlerke, want:

soms het ons ons vlerke nodig om uit die as uit te herrys,

soms beskerm ons ons kinders soos 'n volstruis wat lekker groot vlerke het, 

soms vlieg ons sommer-net hoog omdat die lewe so wonderlik is en wanneer ons trots is op ons kinders, 

soms slaan ons ons engelvlerke om iemand om te help of te troos, 

soms gebruik ons ons vlerke om ons net in die lug te hou as dinge woes gaan, en

soms slaan ons ons vlerke oor ons eie oë omdat ons 'n bietjie moedeloos is. 

 

Die sermoniemeester vir die dag is die nimlike Tracey Lang van KFM en Bravo-faam. Die gasspreker is Bianca Bezuidenhout, Mej. SA-top 5-finalis en motiveringspreker, en Olivia Losper, persoonlike afrigter met ’n passie om mense touwys te maak oor ’n gesonde leefstyl. Bianca en Oliva is albei betrokke by liefdadigheidswerk en Forward Foundation, waarvan Bianca die ambassadeur is, is die amptelike liefdadigheidsorganisasie vir die geleentheid. Die immergewilde Leah sal sorg vir die vermaak op die dag.


Elke gas sal oudergewoonte ’n stampvol geskenksak kry en op heerlike eet- en drinkgoed trakteer word. Daar sal ook stalletjies wees waar gaste kan snuffel en koop. Daar is ook heelwat pryse op die spel in gelukstrekkings. 

DIRECTIONS

Netwerk24 en Die Burger Vroueoggend
Kronenburg Estate
Malmesbury Rd, Paarl, 7624
Get Directions