APPEL Live at Kapstadt Brauhaus Langebaan

Thu May 20, 19:30 - Thu May 20, 20:45

Kapstadt Brauhaus Langebaan

ABOUT

Oor die afgelope 11 jaar het Appel oftewel Christoph Kotze homself stewig gevestig in die Suid Afrikaanse Musiek-industrie. Hierdie befaamde liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die Afrikaanse musiekgeskiedenis. Om dit te kroon, het hy homself ook as baie populere musikant en sanger bewys op verskeie verhoë regoor die land.


PATRIOT, sy nuutste album, is ‘n refleksie op sy Afrikaner kultuur. Dertien oorspronklike snitte neem die luisteraar op n reis deur ‘n wye spektrum van emosies – van tong in die kies humor tot pragtige boodskappe van hoop. 


Oor die afgelope elf jaar het Appel se musiek harte verower en pryse ingepalm regoor die land en hy is opgewonde om nog vir 'n hele paar jaar op verhoë in Suid Afrika op te tree en musiekliefhebbers te vermaak! 

DIRECTIONS

APPEL Live at Kapstadt Brauhaus Langebaan
Kapstadt Brauhaus Langebaan
1 Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357
Get Directions