FREE OPTIONS
Family friendly

Die Wasgoedlyn @ Lionel Smit Studio

Sat Dec 12, 18:00 - Sun Jan 31, 20:00

Lionel Smit Studio

ABOUT

Die Wasgoedlyn

Hang groot talente aan dieselfde lyn.


R60 vir aanlyn kaartjie deur Quicket

R250 in persoon per persoon (beperkte kaartjies beskikbaar) Sluit komplimentêre Marras wyn van die Swartland in.


Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie. Daar is wel 'n paar konstantes:  Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, 'n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet. Vir die Vryfees is van wye oorde byeengebring: Churchil Naude (Rymkletser, Mitchell's Plain), Riku Lätti (liedjieskrywer, vervaardiger en sanger), Jackie Lätti (Sanger/Skrywer) , Elkeen 'n ster; elkeen 'n medepligtige om die ander te laat skyn. Wasgoedlyn bring immers talent na 'n omgewing met die doel om die talent in die omgewing ook aan die lyn te hang. Samewerking en verspreiding en viering van die skeppende kunste is 'n groot deel van doelwitte van die Wasgoedlyn.


Riku Lätti is nie meer 'n nuweling op die musiektoneel nie, maar in 2016 is 'n nuwe baba gebore. Verwelkom asseblief die Marktunes band. Die groep het ontstaan nadat Riku en Churchil Naude, tydens 'n opname vir Jam Sandwich in Jean “Tunes” Marais se studio in Stellenbosch vir die einste Jean ontmoet het. Riku het so pas met sy nuwe album begin en toe Jean hom uitnooi vir 'n jam sessie, het hulle die songs vir die eerste keer uitgetoets. Met die volgende sessie het Mark Ellis kom saamjam en voila! Die Marktunes band is gebore.  


Eerste offisiële musiekvideo van Kroeskop vol Geraashttps://www.youtube.com/watch?v=5JZZYFO9iZE

 

Koos Kombuis oor Churchil: “My gunsteling-rap-ster is ’n nuwe kalant van Mitchells Plain met die naam Churchil Naudé (met een “l” om hom van Winston Churchill te onderskei). Hierdie ou kan nog groot gaan in ons taal se musiek; groter as Jack Parow, so groot soos Tafelberg.”

 

Churchil het onlangs met Anton Goosen saamgewerk. ‘n Kollaborasie wat op kykNet se TV program met Coenie de Villiers te sien was en nou op die web is by: https://youtu.be/OHJ3v_LVJBM

 

Van sy vroeër werk het veral aandag getrek op MK (Musiek kanaal op sateliet TV):

https://www.youtube.com/watch?v=7mfSyMbkKyw

 

Kroeskop vol geraas is ‘n uitmuntende debuut-album, met 13 snitte, opgeneem deur Riku Lätti van Wasgoedlyn Produksies. Met die subtitel “Veldmuis/Stadsmuis” is Churchil se plan om te fokus op 2 definitief verskillende style: Veldmuis = Akoesties/melodies/unplugged (6 snitte); Stadsmuis = Elektries/Harder Hiphop/Urban (6 Snitte) en dan is daar ‘n reggae rap “Onse Vaders” wat mooi tussen in val.

 

Churchil se woorde word as uitstekende poëtiese tekste beskou, wat nie wegskram van belangrike sosiale kwelpunte nie, dog is dit gemik op ‘n alledaagse gehoor en hoogs verstaanbaar en glad nie snobisties nie, bv.:

“Verdriet is ‘n guava juice bottel en genkem/ verdriet is us en them/ of dis my stem/ wat jy gaan hoor tot julle my tong uitsny met ‘n lem/ steel die ink in my pen/ maar die liefde gaan wen/ tot iemand my tyres pap steek/ en ek my wind uitblaas/ maar ou melk raak kaas/ die boy raak ‘n baas/ hulle sê hulle is moeg vir my gekerm want ek maak net geraas/ maar daai bliksems kan gaan doppies blaas/ want ‘n wind is soos ‘n kind hy raak ‘n vreeslike storm/ om my te stereotipeer is so normaal dis die norm/ is jy dom/ of is jou blerrie kop altyd kaal/ praat ek ‘n vreemde taal of laat ek julle verder in verdoemenis daal/ want verdriet is wat jy weet/ maar te bang is om te sê/ jy wil so graag net ‘n klein bietjie happiness hê/ maar verdriet dit infiltreer tot in die kooi wat jy lê.”

 

“Churchil se lirieke raak `n verskeidenheid onderwerpe aan. Hy rap oor iets so werklik kwellend soos die kultuur van huishoudelike geweld in ons land in sy treffer “Meisie”: “meisie, jy wil dit glo as hy sê ‘I love you still’ / meisie, lyk my jy like dit om te hop as hy brul / meisie, hy se hy’s lief vir jou dan sluk jy die pil / meisie, gooi weg die sleutel girl en kap toe die grill” tot iets so groot soos die mens se eie eksistentialisme in sy lied “As” wat hy saam met Frazer Barry van Tribal Echo doen: “maak oop jou mind en raak onstlae van jou las / want as ons dood gaan is ons maar net as.” En alhoewel hy ernstige sosiale probleme aan die strot gryp, is sy lewensuitkyk nietemin positief en sê hy aan ‘n gekwelde jeug: Daar is iets jy aan jou eie omstandighede kan doen.

 

Wasgoedlyn Produksies het onlangs ‘n Afrikaanse Musiekdokumentêre TV-reeks geskiet, waarin Churchil sterk na vore tree met onderhoude en optredes wat hom met gemak aan ‘n breë publiek gaan bekend stel. 

 

Churchil beplan om Afrikaans verder te vat as wat dit tot dusver kon gaan om dit ‘cool’ te maak, om ook stem te gee aan veral mense van die Kaapse vlakte. “Ek wil jong laaties wys dat ons nie die Amerikaners hoef na te boots nie want ons het ons eie stories om te vertel.”

 

Churchil Naude, nederige vader en skrynwerker van Mitchell’s Plain, gaan nog groot wees, soos Koos Kombuis gesê het. “Dis net ‘n kwessie van tyd”, om Churchil se eie woorde te gebruik.

 

Die Media oor Churchil Naude:

Henry Cloete op Litnet:

http://www.litnet.co.za/churchil-naude-hoe-skei-mens-jou-vel-van-jou-gesig/

 

Koos Kombuis op Netwerk24:

http://www.netwerk24.com/vermaak/musiek/2015-06-27-die-jj-cale-van-afrikaanse-kletsrym


On Bass: Mark Ellis started his studies in music at the age of 13, when he first learned to play the guitar. Seven years later he decided to pick up the bass guitar and it stuck. Since he started playing bass he has been the bassist for numerous groups such as Slagyster and brother & brother. Currently he is the bassist for the young folks as well as Riku Latti.

This diverse set of groups introduced him to different genres which further fueled his passion for playing the bass guitar. Mark describes the bass guitar as an instrument which opened up other dimensions of music to him and he wishes to introduce this to every aspiring bass player.


On drums: Jean Jacques Marais first started his musical career at the age of 12, when he co-founded his first band, Fudge. Shortly after his first steps onto the stage he replaced another drummer to become drummer for a second band as well. Over the following few years he regularly performed, and recorded three albums with the two groups Fudge and Antipathy, while using the exposure to get to grips with his chosen instrument. He played a number of big festivals such as Grahamstown Arts and Music Festival 2004, Woodstock 2004 and Ramfest 2008 and 2013 to name a few. Jean recorded two albums with recognized and independent musician, Riaan Nieuwenhuis (former Delta Blue keyboardist) and he also recently started with free lance work for both Kevin Kieswetter, who use to play for internationally recognized band, Dorp, and Riku Lätti, who needs no introduction in Afrikaans music circles.

SPOTIFY

DIRECTIONS

Die Wasgoedlyn @ Lionel Smit Studio
Lionel Smit Studio
2 Gardner Williams Ave, Paardevlei, Cape Town, 7130
Get Directions