FRED + VEGAS EP LAUNCH 3DE OOG
Sun Nov 29, 16:00 - Sun Nov 29, 22:00
The Village Idiot
ABOUT
FRED + VEGAS stel hulle eerste kortspeler, DERDE OOG, Sondag, 29 November vry by The Vilage Idiot. Beperkte kaartjes beskikbaar by Quicket. Voorvertoning deur Taleswapper. Met optredes deur Arno Carstens, Loki Rothman en vele meer.
FRED + VEGAS is ’n Afrikaanse manlike pop-duo uit Kaapstad, saamgestel uit Fred den Hartog en Rufio Vegas. Met lirieke wat kwessies aanraak oor die lewe en dood, lief en leed, alledaagse beproewinge en eksistensiële vrae vra op die maat van ’n gesofistikeerde poprock-klank, kan hulle dalk beskou word as ’n hedendaagse Afrikaanse Simon & Garfunkel. FRED + VEGAS se musiek is ’n vermenging van dromerige akoestiese rock en elektronika, die resultaat onmiskenbaar en uniek.
FRED + VEGAS se debuut-kortspeler, Derde oog, word 27 November 2020 vrygestel op alle digitale platforms. Verskeie vooraanstaande plaaslike musiekname soos Arno Carstens, Jack Parow, Loki Rothman, Gazelle, Pierre Greeff asook Hunter Kennedy maak hulle verskyning.