Jennifer Zamudio

Wed Nov 25, 18:00 - Sun Nov 29, 22:00

Event is online

ABOUT

Jennifer Zamudio maak dit net lekker met haar eerste Amptelike Aanlyn konsert!


Met ‘n loopbaan van 20 jaar het sy haarself goed in die musiekbedryf gevestig en gaan sy van krag-tot-krag, en COVID 19 inperkingsperiode was geen uitsondering nie. Op die verhoog is Jennifer Zamudio ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor vasgenael voor die skerm. Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in een van haar vertonings nie.


Jennifer is “verlief op die lewe” en dit word beklemtoon in alles wat sy doen en aanpak. Haar energie is verseker aanvoelbaar en aansteeklik. 


Hier is jou geleentheid om die Zamjam-ervaring te beleef! Bespreek jou kaartjie vandag nog!