Dinsdagdromer: ’n SARIE-saamkuier met Donnalee en Melinda

Tue Oct 27, 19:30 - Tue Oct 27, 21:30

Event is online

ABOUT

+ spesiale gas, sanger en fotograaf Jenni Elizabeth!


Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met Donnalee Roberts en van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier het sy eie tema met een van SARIE se gunsteling-bekendes wat haar storie met jou deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur ’n kenner aangebied word.


En soos altyd is die vloer oop vir jou om vrae te vra en raad van ons gaste te kry.


Vandeesmaand se kuier fokus op hoe jy 2020 goed kan eindig.

 

Dis minder as twee maande voor Kersfees en oor sowat ’n maand is dit Desember, ’n tyd waarin baie van ons ’n welverdiende ruskans neem.

Jy’s reeds moeg na hierdie jaar, maar hoe motiveer jy jouself om dit goed te eindig? Ook, hoe berei jy voor vir daardie welkome ruskansie? Oefen jy? Tik jy goed van ’n lysie af? Eet jy gesonder? Is daar in die eerste plek genoeg tyd vir hierdie veranderinge?


Vir raad en inspirasie, klop ons aan by Melinda Bam. Hierdie voormalige Mej. Suid-Afrika is lief vir die buitelug, oefening en - soos ons tydens die inperking gesien het - teken sy ook! Sy’s ook lief om vroue te ondersteun en vrouegemeenskappe te versterk. Daarom kry ons graag by haar wenke oor hoe sy gemotiveerd bly, ongeag of dit vir ’n resies of projek is.


Sy gaan gesels oor hoe jou beplan vir jou eie doelwitte, maar ook hoe mens mekaar ondersteun om saam oor die wenstreep te gaan. Sy sê graag: "Your win is my win". Melinda deel stappe vanuit haar eie ervaring en raad vir langtermyn-doelwitbeplanning ook.


Die bekende fotograaf Jenni Elizabeth gaan ons ook wys hoe om die mooi in elke dag se oomblikke raak te sien – en dit vas te vang.

Jenni deel wenke vir foto’s op sosiale media, vakansiekiekies en sommer net hoe om jouself en jou wêreld te verewig. Met hierdie slimfoon-werkswinkel leer ons hoe jy mooi foto's neem met wat jy by jou huis het en hoe jy vanjaar ’n "flatlay" kan skep as geskenk vir jou geliefdes. Sy glo vas dat ’n foto die perfekte geskenk kan wees as dit gevul is met spesiale en sentimentele elemente. Jy het niks meer nodig nie!


PRYSE


Boonop is Build my Book, ’n webwerf wat jou fotoboeke help maak, vandeesmaand ’n borg! Gebruik die kode 'DINSDAGDROMER' sommer nou al om 20% afslag op jou Build my Book-bestelling te kry. Hierdie is net gelding tot 29 Oktober!

Op die aand van Dinsdagdromer sal een gelukkige gas ook ’n fotoboek wen. Al wat jy moet doen is om enige tyd voor die aand, of op die aand van hierdie aanlyn kuier, ’n foto op Instagram te plaas wat jy deel van jou boek wil maak. 'Tag' vir SARIE, #Dinsdagdromer en @qphotosa om hierdie prys te wen.



La Belle, ’n aanlynwinkel vir haar-en skoonheidsprokukte, gee ook pryse weg! Elke gas sal ook ’n R150-afslagkoepon ontvang om te verseker dat jy en jou liggaam ook goed eindig vanjaar! Ander pryse wat te wen is, is:

  • 2 x R1 000 La Belle-geskenkbewyse
  • 4 x R500 La Belle-geskenkbewyse
  • ’n Kérastase-strandsak met 2 Kérastase Elixir Ultime-produkte



Deel hierdie Dinsdagdromer-aand met jou vriendinne deur ’n toegangskaartjie vir twee te koop, en maak seker almal weet dat Dinsdagaand jóú aand is.

Ons kan nie wag om saam met jou te kuier nie!