Jan Blohm Tiger's Milk Lynnwood Bridge

Fri Nov 20, 20:00 - Fri Nov 20, 21:30

Tiger's Milk Village Square

ABOUT

Tiger's Milk Lynnwood Bridge

Tickets R190 p/p


JAN BLOHM SE NUWE ALBUM IS ‘N LIEFDESVERHAAL

“Die boodskap is eenvoudig. Ons het nie veel meer nodig as liefde en menslike konneksie nie.” – Jan Blohm


Jan Blohm, se konsep-album, JENNY, wat uit veertien snitte bestaan is pas bekendgestel.  Dit vertel die storie van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees. 


“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,”verduidelik die kunstenaar. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”


Jenny, was die eerste enkelsnit wat vanaf die album vrygestel is en die doel daarmee was om die album en sy hoofkarakters aan die luisteraar bekend te stel.  Dié liedjie pronk steeds op verskeie radiotreffersparades.