Family friendly

Koffie Met Katryn: Vir Matriekmeisies

Sat Oct 17, 09:00 - Sat Oct 17, 12:00

Nectar and Spice

ABOUT

Koffie Met Katryn: Vir Matriekmeisies


Kom kuier saam, want ons gesels oor skool, en 'n jaar wat onverwags anders was, hoe om voor te brei vir die grootmenswêreld, en ek deel my "life hack"-gids waar ek praat oor alles van velsorg, mode en identiteit, tot sosiale media.


Ons kan almal beaam dat 2020 die mat onder ons voete kom uitruk het. So, hoe gemaak as jou jaar nie verloop het soos jy gedink het dit sou nie, veral 'n mylpaaljaar soos jou laaste jaar op skool?


My eie skoolloopbaan het nie verloop soos ek gedink het dit sou nie, en ek wil graag met julle daaroor gesels - oor die aanpassings wat kom met die sprong van skoolkindwees na studentwees, voltyds werk of 'gap' jaar vat, en dat dit okay is om onseker te wees oor jou toekoms.


Ek gaan ook so bietjie van my ervaring en raad deel rondom jong vrouwees. Dit sluit in my "life hack"-gids waar ek praat oor velsorg, mode, sosiale media en nog vele meer. Natuurlik gaan ons ook praat oor identiteit, vriendinne en selfs besigheid.


Wanneer:

Saterdag 17 Oktober

09:00 - 12:00

Waar:

Nectar and Spice, Bellville (naby Tygervalley)

Eenheid 2, Pasitastraat 19, Rosenpark

Kostes:

R495


Jou kaartjie sluit in eet- en drinkgoed en 'n lekker geskenkepakkie. Daar is ook pryse om te wen!


*Let wel:

Daar is slegs 16 kaartjies beskikbaar. Nectar and Spice het al die nodige veiligheidsmaatreëls in plek t.o.v. Covid-19.

Onthou asb. jou masker!


Kom kuier saam! Ek sien uit om elkeen van julle te ontmoet!

Katryn





DIRECTIONS

Koffie Met Katryn: Vir Matriekmeisies
Nectar and Spice
19 Pasita St, Rosenpark, Cape Town, 7550
Get Directions