Jan Blohm at Railways Cafe Irene

Fri Oct 9, 19:00 - Fri Oct 9, 20:30

Railways Cafe

ABOUT

Jan Blohm @ Railways Cafe Irene

R200 per persoon

Acoustic

JAN BLOHM SE NUWE ALBUM IS ‘N LIEFDESVERHAAL

“Die boodskap is eenvoudig. Ons het nie veel meer nodig as liefde en menslike konneksie nie.” – Jan Blohm


Jan Blohm, se konsep-album, JENNY, wat uit veertien snitte bestaan is pas bekendgestel.  Dit vertel die storie van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees. 


“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,”verduidelik die kunstenaar. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”


DIRECTIONS

Jan Blohm at Railways Cafe Irene
Railways Cafe
2 Hack Rd, Irene, Pretoria, 0157
Get Directions