Family friendly

Vier jou Vrouwees-fotosessie

Sat Oct 3, 08:00 - Sat Oct 3, 17:00

Lanzerac wine estate

ABOUT

Vier jou Vrouwees-fotosessie


Na ons suksesvolle Vier jou Vrouwees-fotosessie ter viering van Vrouemaand, het soveel van julle gevra dat ons weer so ‘n geleentheid moet reël. En ons het geluister, want ons glo dat elke vrou ’n mooi, professionele foto van haarself moet hê sodat sy haarself kan sien soos die wêreld haar sien. So, op 3 Oktober 2020 skep ons weer so ‘n geleentheid waar ons elke vrou spesiaal en mooi laat voel, want elke vrou IS spesiaal en mooi! Op hierdie manier bou ons voort op ons doel om vroue te bemagtig en aan te moedig om lief te wees vir hulself en hul vrouwees en unieke menswees te vier. 

 

Kom geniet ’n heerlike bederfdag saam met ons op die spoggerige Lanzerac landgoed in die hartjie van Stellenbosch waar elke vrou haar eie fotosessie in styl gaan hê. Ons het ’n professionele mooimaakspan wat jou hare en grimering gaan doen, modestillis, Carissa Bosman, gaan ’n handjie bysit om seker te maak dat jy voorbladmooi is, en internasionale model, Katryn Kruger, gaan help om jou gemaklik te laat voel voor die kamera. 

 

 

Kostes: R1 500 per persoon

 

Dit sluit in: 


  • die mooimaakspan (haarstilis, grimeerkunstenaar, modestilis); 
  • ’n professionele fotograaf*;
  • koffie/tee/vonkelwyn; en
  • eetgoed van CaKe Patisserie Studio.

 

* Elke vrou sal vyf foto’s ontvang. Indien jy meer foto’s wil hê, kan jy dit van die fotograaf bestel.


Groep-foto/dubbel-foto:

As jy 'n foto saam met jou ma/sussie/vriendin wil neem, koop asb. dan twee kaartjies in tydgleuwe na mekaar (bv. 08:00 en 08:30).

Julle sal dan albei jul eie vyf foto's kry, asook 'n vyf foto's van julle saam teen geen ekstra koste nie.

 

Die waarde van hierdie pakket is R4 500, so koop jou kaartjie nou vir slegs R1 500! Boonop maak jy ‘n bydrae tot ’n goeie doel, want ons skenk 10% van elke kaartjie wat verkoop word, aan Huis Jabes, ’n veilige vesting vir vroue en kinders wat slagoffers van geweld is. 

 

Covid-19:

Ons is steeds op ons hoede en gewapen met genoeg handontsmettingsmiddel.

Lanzerac het al die nodige veiligheidsmaatreëls in plek, en dit sluit in dat jy nie die landgoed moet besoek as jy enige verkouesimptome het, in die 14 dae voor 3 Oktober positief getoets het vir Covid of as jy in kontak was met iemand wat in daardie tyd positief getoets het nie. En natuurlik – geen toegang sonder jou masker nie!

DIRECTIONS

Vier jou Vrouwees-fotosessie
Lanzerac wine estate
1 Lanzerac Rd, Karindal, Stellenbosch, 7600
Get Directions