FREE OPTIONS

Erediens: 20 September 2020

Sun Sep 20, 09:30 - Sun Sep 20, 10:30

Gereformeerde Kerk

ABOUT

Lidmate wat 'n hoë risiko is word versoek om eerder die diens elektronies te volg.


Volgens wetgewing is die volgende van toepassing:

- slegs 50 persone mag die diens bywoon.

- die area wat ons gebruik sal gesaniteer word (voor en na die diens).

- geen persoon kan toegelaat word sonder 'n masker nie.

- sitplekke sal afgemerk word sodat ons die voorgestelde afstand kan handhaaf.

- daar sal ongelukkig nie tydens die diens gesing mag word nie.

- ons kan ook nie na die tyd kuier rondom koffie/tee nie.

- gesondheid “screening” sal voor die diens gedoen word.


Moet asseblief nie die diens bywoon as jy die oggend van die erediens enige simptome toon nie, al het jy vooraf hier bespreek.


Ons stuur die oggend van die erediens 'n simptome-vraelys vir elkeen wat 'n plek bespreek het wat asseblief ingevul moet word.


Die erediens word regstreeks uitgesaai, sodat lidmate wat nie die diens kan bywoon nie dit op Youtube kan volg – die diens sal ook later gekyk kan word.


Die skakel na die boodskap op Youtube (soos tans) sal ook vir eers voortgaan.


DIRECTIONS

Erediens: 20 September 2020
Gereformeerde Kerk
Marais Street, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions