Deel die funksie op jou sosiale media of stuur vir Familie en vriendinne.

Damesoggend 5 September 2020

Sat Sep 5, 10:00 - Sat Sep 5, 11:00

Event is online

ABOUT

Virtuele Damesoggend

met

Ds. Liesel Krause-Wiid


Tema: Stof jou drome af!


Liesel Krause Wiid is ‘n Predikant wat bevestig is by Familiekerk NG Kameeldrif. Sy het ‘n deeltydse pos by die gemeente en is verder betrokke by hul Familiebesigheid; Die Willa Krause Groep. Die Willa Krause groep bestaan uit Willa Krause Velsorg, DC Laboratorium en SCW Consulting. Liesel is die Bemarkingsdirekteur van hulle Familiesaak. 

 

Liesel het haar Teologie grade aan die Universiteit van Pretoria verwerf, sy het verder ‘n Meestersgraad in Huweliks en Gesinspastoraat.

 

Sy is 'n bekende Televisie en Radio persoonlikheid, Geleentheidspreker, Skrywer van verskeie boeke en Skoonheidskundige.

 

Tydens ’n glansgeleentheid in Hollywood, is sy gekroon as Mev. Verenigde Nasies Internasionaal 2004, ‘n kompetisie met die oogmerk op die bevordering van die huwelik en welsynswerk.  

 

Liesel was vir 4 jaar lank die Redakteur van die glanstydskrif vir Christin-vroue; Finesse. Sy skryf tans ’n maandelikse Rubriek vir die gewilde tydskrif.

 

Sy is getroud met Siebert Wiid, Geoktrooieerde Rekenmeester en Besturende Direkteur van hul Familiebesigheid, die Willa Krause Groep. Hul twee pragtige kinders, Karmen & Siebert, is sonstrale in hul lewens. 

 

Om die Jesus-boodskap uit te dra en mense te bemagtig en bemoedig is haar visie en dit is vir haar ‘n voorreg om dit te kan uitleef. God is die hoeksteen van haar bestaan en sy eer Hom vir Sy betrokkenheid in haar lewe.

HOE WERK DIT?

  • Bespreek jou kaartjie deur op die "Tickets" skakel te druk.
     
  • Vul jou besonderhede in en betaal met jou krediet- en/of debietkaart
     
  • Jy sal dadelik bevesting van bespreking ontvang per epos.
     
  • Op 5 September 2020 om 10h00 sal jy dan skakel per epos ontvang en jy kan inskakel by die viruele geleentheid.
Ons sien uit daarna on die geleentheid saam met jou te deel al gaan ons nie saam om 'n tafel kan sit nie.