Huisgenoot Blokraai Regstreeks

Thu Jun 18, 20:00 - Thu Jun 18, 21:30

Event is online

ABOUT

BLOKRAAI REGSTREEKS kom kuier saam in die kuberruim

Het jy lus om aanlyn met een van Huisgenoot se blokraai-opstellers te gesels en aan ons regstreekse blokraai-kompetisie deel te neem? Klik en kuier! Jy kan ons help geskiedenis maak.

Al is ons lewe op sy kop gekeer deur die coronavirus en die inperking, is daar één ding wat nie verander het nie: blokraaie! As jy een van Huisgenoot se getroue blokraai-ondersteuners is, het ons ’n spesiale bederf vir jou: Op Donderdag 18 Junie kan jy inskakel vir ’n spesiale uur van plesier met een van ons voorste blokraai-opstellers, Gerda Engelbrecht. Jy kan boonop geskiedenis maak deur deel te wees van die grootste Afrikaanse gemeenskap wat nog sáám ’n blokraai voltooi het.

Wat behels dit? Jy skakel op 18 Junie 2020 om 20:00 in vir ’n spesiale blokraai-kuberkompetisie, waar jy kan deelneem deur vrae te vra, die antwoorde te gee en kommentaar te lewer.

Jy kan op jou selfoon inskakel, maar ons dink ’n rekenaar gaan beter werk. Gerda vertel vir jou meer oor die lief en leed van blokraaie, en daarna vul die hele groep saam-saam ’n spesiale blokraai in op die skerm deur antwoorde voor te stel. Gerda oorweeg almal se voorstelle en vul die regte antwoorde in om die blokraai te voltooi.

Jy kan vir Gerda sien, maar sy kan nie vir jou sien nie –pajamas en sweetpakke is dus net so welkom!

Wat sluit dit in? As deel van jou toegangsgeld van R50, kry jy ’n skakel tot ons eerste blokraai-kuberkuier. By die skakel kan jy aan die blokraai-kuier deelneem. Na gelang van hoe knap jou mede-invullers is, sal die sessie tussen 60 en 90 minute duur. Jy kry ook ’n PDF-blokraaiboekie wat spesifiek en eksklusief vir hierdie byeenkoms saamgestel is. Jy kan boonop een van verskeie lukrake pryse wen.

Let wel: Daar is ’n maksimum getal kuberkuiermense wat toegelaat sal word. Registreer dus vandag nog.

Blokkie: Wie is Gerda Engelbrecht? Gerda stel die afgelope dekade al blokraaie op vir Huisgenoot, sowel as vir baie van ons susterstydskrifte, soos YOU, tvplus, Tuis, Sarie, Weg, Finweek en Landbouweekblad. Sy is ’n boek-liefhebber by uitstek.

Vir nog aanlyn-geleenthede gaan na https://media24live.co.za/ of lees meer inhoud op huisgenoot.com